Trump het die wêreld nie leer haat nie

MAANDAG MET MAX

Trump het die wêreld nie leer haat nie

Baie regsgesindes, ook in Suid-Afrika, kraai dat Donald Trump van vandag af 'n nuwe globale orde en era gaan begin lei. Twak, skryf MAX DU PREEZ, trans- en vreemdelingehaat bestaan al lank en die meeste mense bly nog verdraagsaam en ordentlik. En dan is daar weer sewe goed wat jy vandag wil weet.

WIE IS MARWAN BARGHOUTI? | Die  lot van ‘die Palestynse Mandela’ is kritiek in Gaza-gesprekke.

Kliek hier om te lees (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2025-01-19-lot-van-palestynse-mandela-is-kritiek-in-gaza-skietstilstand/)

1. Drie vroulike voormalige gyselaars van Hamas het gister in Israel aangekom in terme van die eerste fase van die skietstilstand in Gaza. Hulle is Doron Steinbrecher (31), Emily Damari (28) en Romi Gonen (24). Die wedersydse wantroue tussen Hamas en Israel beteken egter dat die ooreenkoms enige oomblik verbreek kan word, het verskeie waarnemers van Midde-Oosterse ontwikkelinge beklemtoon. Dié vermoede is gister versterk toe Bezalel Smotrich, Israel se minister van finansies, beweer het dat eerste minister Benjamin Netanyahu hom verseker het die oorlog in Gaza “sal voortgesit word" ten spyte van die ooreenkoms. Die ooreenkoms is wel deur 'n stemming van die Israeliese kabinet bekragtig, maar as genoeg regser lede soos Smotrich aan Netanyahu se regering sou onttrek, kan dit 'n politieke krisis veroorsaak wat verreikende gevolge kan hê. Peter Beaumont skryf in The Guardian (https://www.theguardian.com/world/2025/jan/19/gaza-ceasefire-will-israel-hamas-agreement-hold): “Analysts and observers have pointed out that the design of the agreement, constructed over three phases that require new negotiations to take place as the ceasefire goes forward, appears structured to invite multiple crises as it edges towards ever more difficult terrain."..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.