Hoe om te skei soos ’n champ

DONDERDAG MET CELESTE

Hoe om te skei soos ’n champ

'n Leser het CELESTE THERON gevra of daar iets soos 'n mooi egskeiding is, en sy antwoord onomwonde, nee. Maar daar is durende vriendskap en respek, en begrip vir mekaar se skete en beperkinge. En daar is vandag sewe-plus-een dinge wat jy wil weet.

PLEK VAN AFSKEID | Lees weer dié besondere vertelling van Herman Lategan se besoek aan die Maitland-begraafplaas in Kaapstad in 2023. Kliek hier om te lees (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2025-02-05-die-laaste-snik-alle-paaie-lei-na-maitland-se-begraafplaas/)

1. 'n Senior VN-amptenaar het aan The Guardian vertel van 'n voorval op 27 Januarie waarin honderde vroue eers verkrag en toe in 'n brand gesterf het wat gestig is nadat minstens 4 000 gevangenes uit die Munzenze-gevangenis in Goma in die Demokratiese Republiek van die Kongo probeer ontsnap het terwyl M23-rebelle die stad binnegeval het. Hoewel besonderhede oor die voorval nog baie onduidelik is, het Vivian van de Perre, adjunkhoof van die VN-vredesmag in Goma, aan The Guardian gesê: “There was a major prison breakout of 4 000 escaped prisoners. A few hundred women were also in that prison. They were all raped and then they set fire to the women’s wing. They all died afterwards.”

2. Die regering van nasionale eenheid (RNE) het stilweg 'n ooreenkoms bereik oor twee sleutelaspekte wat met nasionale gesondheidsversekering (NGV) verband hou, het News24 gistermiddag berig. Maropene Ramokgopa, minister van beplanning, monitering en evaluering, het in 'n onderhoud gesê die ANC en die DA het 'n informele ooreenkoms bereik danksy 'n ANC-toegewing om dele van die wet te laat vaar wat mediese fondse in duie kan laat stort...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan [email protected].