Voor in die wapad wag ’n nuwe stryd

MAANDAG MET MAX

Voor in die wapad wag ’n nuwe stryd

Vrye Weekblad se lesers tel onder die denkende Afrikaanssprekendes, of jy nou snobisties daaroor wil wees en of jy net hou van die werklikheid lees in die spoor van die wawiel, skryf MAX DU PREEZ. Dis nodig dat ons van ons laat hoor op ander plekke. Plus sewe goed wat jy vandag wil weet.

WAARHEID VS. ORDE | Jan Horn en vriende dink saam en drink saam in die skadu van die groot T.

Kliek hier om te lees (https://www.vryeweekblad.com/menings-en-debat/2025-02-23-mag-druk-arm-teen-waarheid-om-die-sondagtafel/)

1. Die Blitsbokke het so hittete die sewestoernooi in Vancouver in Kanada ingepalm, maar is deur 'n hardnekkige Argentynse span die loef afgesteek in die eindstryd om 03:05 vanoggend. Die Argentyne het vroeg in die tweede helfte gaan druk om met 19-0 voor te loop, maar die Blitse het teruggeveg met twee drieë (Quewin Nortje en Siviwe Soyizwapi) om die telling 19-12 te maak. Die eindfluitjie het hulle ongelukkig ingehaal en hulle moes tevrede wees met 'n skaflike tweede plek. Die span het Fidji vroeër in 'n dramatiese halfeindstryd in die laaste sekonde met 12-10 geklop met net ses man op die veld vir meeste van die wedstryd nadat Sebastiaan Jobb weens 'n gevaarlike duikslag afgestuur is met 'n rooi kaart. Die Blitsbokke lê steeds stewig in die vierde plek in die wêreldreeks met 64 punte, slegs ses punte agter die Argentynse voorlopers. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan [email protected].