Tegnologie bring belofte van verrassings in Noord-Kaapse mynbedryf

MYNBOU-OPLEWING

Tegnologie bring belofte van verrassings in Noord-Kaapse mynbedryf

Bykans alle ontdekkings in die mineraalryke Noord-Kaap is deur prospekteerders en boere gedoen, en sedertdien was daar nog geen moderne eksplorasie nie. Maar ou mynprojekte herleef nou en word selfs uitgebrei, skryf LISA STEYN.

DIE stowwerige, ylbevolkte Noord-Kaap lyk dalk ver verwyder van die idee van ’n vierde nywerheidsrevolusie en die vinnige tegnologiese vooruitgang wat dit kenmerk.

Maar in dié provinsie, dalk meer as in enige ander in Suid-Afrika, is die potensiaal vir 'n mynbou-oplewing in nuwetegnologie-minerale: sink, nikkel, lood, koper en kobalt. Dit is almal belangrike elemente in die vervaardiging van slimfone, elektriese voertuie en hernubare kragstelsels.

En met gesonde pryse en goeie vooruitsigte vir basismetale, en ander minerale wat belangrik is vir nuwe tegnologie, wil 'n paar maatskappye die bedryf in die Noord-Kaap laat herleef en selfs uitbrei. Dit sluit in kleiner spelers soos Orion Minerals (wat op die Australiese aandelemark en die Johannesburgse effektebeurs genoteer is) en Daphne Mashile-Nkosi se Kalahari Resources, asook ander groot name soos Kumba Iron Ore...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.