Luukse woonstelle by Mont Choisy Golf & Beach Estate in...

Luukse woonstelle by Mont Choisy Golf & Beach Estate in Mauritius deur SA kopers opgeraap

Mauritius bied ’n eenvoudige verblyfreg-deur-belegging-geleentheid vir kopers van eiendom van ’n sekere waarde.

’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n Fairway-villa by Mont Choisy Golf & Beach Estate.
’n Kunstenaarsvoorstelling van ’n Fairway-villa by Mont Choisy Golf & Beach Estate.
Image: Verskaf/Pam Golding Properties

Terwyl verskeie lugdienste reeds vlugte na Mauritius hervat het, is die nuutste fase van die goed gevestigde Mont Choisy Golf & Beach Estate in Grand Baie ook besig om nuwe hoogtes te bereik soos wat kopers instroom om die ontwikkeling te besigtig.

Richard Haller, direkteur van Pam Golding Properties Mauritius, sê: “Op die rug van ’n totale uitverkoop van fase drie ter waarde van R550 miljoen, en met konstruksie reeds aan die gang vir oorhandiging aan huiseienaars teen April 2023, het belangstelling in die nuwe fase van hierdie hoogs suksesvolle ontwikkeling die afgelope maande sodanig toegeneem dat ’n groot groep ywerige Suid-Afrikaanse kopers bespreek is om in die laaste kwartaal van vanjaar hier aan te land.”

Hy sê Suid-Afrikaanse kopers het reeds sewe eenhede in die landgoed gereserveer – insluitend ’n skouspelagtige dakwoonstel – wat in fase vier vrygestel is. Sommige van hierdie kopers het dokumente onderteken en deposito’s betaal selfs voordat hulle nog op Mauritius aangekom het omdat hulle vertroud is met die eiland en die waarde verstaan wat deur die ontwikkeling gebied word.

“Die ontwikkelaars van hierdie projek is ervare en is sterk gefokus op die lewering van ’n goed-ontwerpte luukse produk wat die prima ligging van die landgoed komplementeer, met die idilliese Mont Choisy-strand aan een kant en die dorp Grand Baie aan die ander kant,” sê Haller. “Ons vind dat Suid-Afrikaanse kopers in die ontwikkeling ’n mengsel is van gesinne wat sekuriteit soek vir hul kinders, en die 50-plus-generasie wat ’n veilige aftreebestemming soek.”

Mauritius bied ’n eenvoudige manier om verblyfreg te bekom deur eiendom ter waarde van $375,000 (ongeveer R5.4 miljoen) of meer te koop, en daar is geen taal-toetse of voorskrifte oor hoe gereeld jy daar hoef te wees nie. As ’n koper word jy, jou eggenoot en jul kinders onder 24 jaar permanente inwoners, en jy kan ook jou ouers as afhanklikes saamneem, wat beteken drie generasies kan op die eiland woon.

’n Kunstenaarsvoorstelling van woonstelle en ’n boonste verdieping in fase vier van Mont Choisy Golf & Beach Estate.
’n Kunstenaarsvoorstelling van woonstelle en ’n boonste verdieping in fase vier van Mont Choisy Golf & Beach Estate.
Image: Verskaf/Pam Golding Properties

Haller sê fase vier, wat deel uitmaak van die Mont Choisy La Réserve-woonbuurt, bestaan uit 22 ruim en luukse twee- en drieslaapkamer-woonstelle wat geprys is van €432,000 (sowat R7.2 miljoen); twee drieslaapkamer-dakwoonstelle wat ’n volle verdieping beslaan en vanaf €1.48 miljoen kos (en waarvan een nog te koop beskikbaar is); en een vierslaapkamer-dakwoonstel wat ’n volle vloer beslaan en €2.18 miljoen kos.

Die woonstelle word in ’n kontemporêre Mauritiaanse styl gebou en is omring deur welige tropiese landskap-tuine. Hulle kyk uit op ’n ruim swembad met ’n uitsig op die see en ’n gholfbaan.

Die woonstelle bied wye openings wat van die vloer tot die plafon strek en natuurlike lig sowel as die rustige kuswind inlaat, asook verfynde afwerking en bybehore, terwyl elke vierdeverdieping-dakwoonstel ook ’n privaat swembad en uitsigte oor die nabygeleë berge het.

Pam Golding Properties bemark ook vier Fairview-villas in dieselfde La Réserve-woonbuurt. Pryse begin by €2.05 miljoen en hulle wissel in grootte van 1,314m² tot 2,626m². Daar is ook 12 Sanctuary-villas, bestaande uit enkelverdieping simpleks-eenhede en dubbelverdieping-dupleks-eenhede met pryse vanaf €1.1 miljoen en groottes wat wissel van 784m² tot 818m².

Monty Choisy-strand uit die lug gesien.
Monty Choisy-strand uit die lug gesien.
Image: Verskaf/Pam Golding Properties

Die nuwe fase word aangevul deur ’n sport- en ontspanningsentrum met ’n ten volle toegeruste gimnasium, ’n groot swembad, ’n hamam-stoombad, ’n sauna, joga- en pilates-klasse en ’n speel-area vir kinders wat teen Desember vanjaar voltooi sal wees.

Die geriewe by Mont Choisy Golf & Beach Estate, wat in 2014 bekendgestel is, sluit in ’n Peter Matkovich-kampioenskapsgholfbaan, tennis- en padeltennis-bane, en 9 km se fietsry- en drafroetes, terwyl Mont Choisy-strand net ’n kort entjie te voet ver is.

Die landgoed is geleë binne Mont Choisy Smart City, ’n ekonomiese ontwikkelingskema wat daarop gemik is om ideale beleggings-, werk-, leef- en ontspanningsomstandighede te bied, en is naby aan ’n boulevard met winkels, restaurante en kantore sowel as ’n C-Care-kliniek.

Die eienaars van Mont Choisy-eiendom het ook toegang tot lang- of korttermyn-verhuringsbestuur deur Pam Golding Luxury Rentals, ’n gesamentlike onderneming tussen Mont Choisy Group en Pam Golding Mauritius.

Hieroor sê Haller: “Met 55 eenhede wat tans onder bestuur is, voorsien ons dat ons dié diens sal kan uitbrei soos wat die eenhede in fases drie en vier voltooi word. Dit stel eienaars in staat om hul eenhede op ’n lang- óf korttermyn-grondslag uit te verhuur terwyl hulle nie self daar is nie, afhangend van hul behoeftes.”

Vir meer inligting, besoek die webwerf, e-pos mauritius@pamgolding.co.za of skakel Richard Haller of Pam Golding Properties Mauritius by +27 83 776 0802 of +230 5422 38 42.

Hierdie artikel is geborg deur Pam Golding Properties.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.