Ons gaan nie die planeet red deur bome te plant nie

AARDVERWARMING

Ons gaan nie die planeet red deur bome te plant nie

Bome gaan jou en jou kinders nie van die ontsettende gevolge van klimaatsverandering red nie. ’n Groeiende aantal wetenskaplikes – ook Suid-Afrikaners met internasionale aansien – waarsku teen die populêre aanname dat bome die oplossing bied om 'n stok in die rollende wiel van aardverwarming te steek. ADRI MYBURGH doen verslag.

DIT maak nie saak wanneer en waar jy is nie, dit was nog nooit so maklik om die klimaat te red nie. Plant net bome saam met ons, sê die Verenigde Nasies op die webblad vir sy Trillion Tree Campaign (https://www.trilliontreecampaign.org/). Dit is ’n boodskap wat deur talle organisasies, en sommige regerings, wêreldwyd uitgedra word.

Dié aansprake is egter bedrieglik, sê al hoe meer wetenskaplikes. Oordrewe en gevaarlik. Dit lei die aandag af van die fossielbrandstof-kwessie.

’n Nuwe studie (https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/31515117) deur onder andere een van die wêreld se mees gerespekteerde wetenskaplikes, emeritus-professor William Bond van die departement van biologiese wetenskap aan die Universiteit van Kaapstad, betwis die aanname dat die massa-aanplanting van bome die beraamde 4.7 gigaton (1 gigaton is ’n biljoen ton) koolstofdioksied (CO2) wat die mensdom elke jaar die atmosfeer instuur, drasties sal verminder...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.