Eerste Afrika-proewe vir Covid-19-entstof begin nou in SA

DEURBRAAK?

Eerste Afrika-proewe vir Covid-19-entstof begin nou in SA

Suid-Afrika het pas deel geword van een van die belangrikste internasionale kliniese proewe in die soeke na ’n entstof teen die coronavirus. Die eerste plaaslike deelnemers sal reeds dié week die aanvanklike dosis ontvang. ELSABÉ BRITS skryf oor dié proses.

DIE eerste deelnemers in Afrika aan kliniese proewe in die soeke na ’n entstof teen ernstige akute respiratoriese sindroom-coronavirus-tipe-2 (Sars-CoV-2) wat Covid-19 veroorsaak, is van Gauteng. Daar is ’n moontlikheid dat mense van die Wes-Kaap ook oor die volgende paar weke betrek kan word.

Dié aankondiging is Dinsdag tydens ’n virtuele konferensie deur die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) gemaak. Suid-Afrika is nou deel van een van net ses entstoftoetse teen die coronavirus wêreldwyd wat nog tot menslike toetsing gevorder het. Dit is uit meer as 260 kandidaat-entstowwe wat tans ondersoek word, maar nog nie te ver gevorder het nie.

Prof. Shabir Madhi, entstofkundige aan Wits, sal dié been van die studie lei. Suid-Afrika sluit hiermee aan by die Universiteit van Oxford se Jenner-instituut waar proewe reeds aan die gang is. Madhi het gesê indien die proewe suksesvol is, kan daar moontlik vyf verskillende entstowwe gelisensieer word uit ál die kandidate op die tafel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.