Wees trots vaksvry, lig ons net in

LOS DIE SKYNHEILIGHEID

Wees trots vaksvry, lig ons net in

SYBRANDUS ADEMA skryf 'n ope brief waarin hy 'n vriendelike versoek doen vir 'n Maatskaplike Kontrak aangegaan tussen Oningeëntes en Ingeëntes.

BESTE weledelgeborene non-vaxxer [ek verstaan julle’t 'n renons in die woord “anti-vaxxer” omdat meeste glo niks per se teen inentings het nie; julle meen bloot dit is ander mense se plig/lot/sotlikheid om “kudde-immuniteit” op te bou]

Hierdie is 'n ope brief aan jou, maar NIE om jou te oortuig om die spuit te kry NIE. Ek bedoel, die feit dat die meeste mense wat nou wêreldwyd met Covid-19 by dokters, hospitale, ventilators en as hoofattraksies by begrafnisse opdaag, oningeënt is, is immers irrelevant. Ook die feit dat miljoene mense weens hierdie coronavirus al erg seergekry het of dood is.

Wees eerder ingenome dat jy vir jouself kan dink en daar geen “kuddedenke” by jou te bespeur is nie. Kry daai “Trots Vaksvry”-T-hemp, stuur 'n tweet, maak jou rug styf en leef voluit wat jy glo, dêmmit...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.