Soetklinkende sprokies

DONDERDAG MET DEBORAH

Soetklinkende sprokies

DEBORAH STEINMAIR verkies soms 'n goeie storie bo een wat waar is.

Ek is ’n fiksieleser. Ek hou nie daarvan dat feite ’n goeie storie pootjie nie. Ek hou nie van daardie mense wat jou in die helfte van ’n lekker vertelling in die rede val nie en sê: “Nee, dit was eintlik 450 meter eerder as 400.”

Maar soms ontdek jy dat iets wat jy nog altyd as die heilige waarheid aanvaar het, eintlik versinsel is.

Ek lees ’n ontstellende storie oor die Taj Mahal: Hierdie lieflike gebou voor wie prinses Diana en vele ander romantiese siele geposeer het, is glo nie werklik die durende monument van ’n man se onsterflike liefde vir sy gestorwe vrou nie. Ene Pujya P.N. Oak het ’n boek daaroor geskryf: Taj Mahal, The True Story. Volgens hom is dit ’n Hindoe-tempel gewy aan lord Shiva wat deur die Moslem-wewenaar Shah Jahan oorgeneem is as grafkelder vir sy vrou. Hulle pragtige liefdesverhaal is glo ook sprokie en verdigsel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.