Om saam met Mary Oliver te stap

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

Om saam met Mary Oliver te stap

ANNELIESE BURGESS praat oor die digter Mary Oliver se sekulêre spiritualisme, en deel ('n hele paar) gedigte.

Image: ANGELA TUCK

Goeiemôre

Ek groet uit ’n druppende nat Oos-Kaap. Dit begin Vrydagaand. Ek slaap met ’n oop deur om te luister na die reën wat heelnag soos ’n woedebui rumoer.

Saterdag is ons vroeg uit die vere vir ’n sportdag. Net ná sewe pieng die klas-WhatsApp-groep: “All fixtures vs Stutterheim have been cancelled due to unplayable fields.” Die reënmeter in my tuin sê daar het 78 mm oornag geval. Ek en Ilke klim terug in die bed met ’n pot tee.

Image: ANNELIESE BURGESS

Daar is laatmiddag steeds ’n sagte motreën. In die Kwelera- botaniese tuin stap ek af met die laning koraalbome na die kuswoud. Deur plate varings en vlamlelies. Die reuk van nat grond. Die groen tonnel loop tot by die strand. Van daar oor klippe en baaitjies en donderende branders tot by die uitmonding van die Kwelerarivier. Die laaste steilte terug na my motor is ’n grondpad-meditasie. Noem-noem- en koejawelbosse vorm ’n digte heining wat die gesuis van die see verdoof. 

Dié staproete is vir my ’n kitskuur. Op ’n somersdag is die natuurskoon blink en pronkerig, maar in die reën dra dit ’n melancholiese mantel. En elke keer wanneer ek hier loop, dink ek aan hoe so baie van Mary Oliver se lieflike poësie gebore is uit haar lewenslange passie vir eensame wandelinge in plekke sonder mense.

Mary Jane Oliver was ’n Amerikaanse digter (wat onder meer die National Book Award en die Pulitzerprys gewen het). Sy was briljant en terselfdertyd ook intens gewoon. Sy kyk nie na die wêreld om haar nie, sy sién dit. Die wonderwerke en geheime en betowering in die alledaagse. Sy waag dit om oor lelies en valke en slange te skryf, oor beboste paaie en stroke kuslyn. Maar dis nie soetsappige berg-en-veld-poësie nie. Sy ondersoek die spirituele band tussen ons en die natuurlike wêreld. In 1983, byvoorbeeld, sê die invloedryke Chronology of American Literature, dat haar “American Primitive” ’n nuwe soort Romantisme verteenwoordig wat “weier om grense tussen die natuur en die waarnemende self te erken”.

’n Grepie uit “Wild Geese”:

Meanwhile the wild geese, high in the clean blue air,
are heading home again.
Whoever you are, no matter how lonely,
the world offers itself to your imagination,
calls to you like the wild geese, harsh and exciting —

over and over announcing your place
in the family of things.

Die eenvoud en helderheid waarmee sy skryf, is doelbewus:

I know a lot of fancy words.
I tear them from my heart and tongue.
Then I pray. 

Mary Oliver was nie godsdienstig nie. Waarskynlik eerder ’n sekulêre spiritualis, want sy praat oor God en gebed en die siel op die enigste manier wat vir my ook  sin maak. Uit “The Summer Day”:

I don't know exactly what a prayer is.
I do know how to pay attention, how to fall down
into the grass, how to kneel down in the grass,
how to be idle and blessed, how to stroll through the fields,
which is what I have been doing all day.
Tell me, what else should I have done?
Doesn’t everything die at last, and too soon?
Tell me, what is it you plan to do
with your one wild and precious life?

Ek besit elke bundel van Mary Oliver. Haar poësie is my Bybel. Soos bome my kerk is.

When it’s over, I want to say: all my life
I was a bride married to amazement.
I was the bridegroom, taking the world into my arms.

When it is over, I don’t want to wonder
if I have made of my life something particular, and real.
I don’t want to find myself sighing and frightened,
or full of argument.
I don’t want to end up simply having visited this world.

Salige Sondag.

Anneliese


The Ninth Symphony of Beethoven
Understood at Last as a Sexual Message

A man in terror of impotence
or infertility, not knowing the difference
a man trying to tell something
howling from the climacteric
music of the entirely
isolated soul
yelling at Joy from the tunnel of the ego
music without the ghost
of another person in it, music
trying to tell something the man
does not want out, would keep if he could
gagged and bound and flogged with chords of Joy
where everything is silence and the
beating of a bloody fist upon
a splintered table

– Adrienne Rich

(Uit die bundel Diving into the Wreck: Poems 1971-1972)

♦ VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op hierdie bladsy om op hierdie artikel kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.