Oefen maak moeilike makrolletjies maklik

#VWBMEESTERKLAS

Oefen maak moeilike makrolletjies maklik

Makrolletjies (macarons) het in Italië ontstaan, na Frankryk oorgewaai en sedertdien ontelbare mislukkings in amateurkombuise veroorsaak. Maar sit jou voorskoot aan, want met CHRISTINE CAPENDALE se meesterklas sal jy makrolletjies stap vir stap bemeester.

  • 27 Junie 2019
  • Vrye Tyd
  • 5 min om te lees
  • Christine Capendale

MAKROLLETJIES is moeilik om te maak, maar hoe meer jy oefen, hoe makliker raak dit. Vir die doel van dié meesterklas maak ek witsjokolade-en-klapper-makrolletjies, maar wanneer jy eers die kuns onder die knie het, kan jy gerus verder eksperimenteer met geure soos suurlemoen- of lemoenskil, vanieljesaadjies of -ekstrak, koffie, framboos of aarbeie — net waarvoor jy lus het!

WENKE: Vóór jy begin


Gebruik ’n akkurate skaal om al die bestanddele baie noukeurig af te meet. 
Kry al jou apparate byderhand, soos jou suikertermometer, klitsers, spuitsak met spuitpunt en bakplate.
Voer jou bakplate uit met bakpapier van goeie gehalte met die regte kant na bo. Silikoonpapier werk ook goed. ’n Silikoonmat word deur baie resepte aanbeveel, maar ek vind dit affekteer die “voetjie” van die makrolletjie.
Die bakpapier moet aan die bakplaat kleef en heeltemal glad wees. Moet egter nie die bokant met kleefvrye sproei bespuit of met botter smeer nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.