Wat noem jy joune? Die Hollandse kat en wat rym met siel

SO MAAK MENS

Wat noem jy joune? Die Hollandse kat en wat rym met siel

As jy 'n kwelvraag oor jou eie sekslewe het – of kom ons wees nou maar eerlik, vir baie van ons is dit eerder 'n geval van 'n gebrek aan 'n sekslewe – dan is dit nou jou kans, skryf MARITA VAN DER VYVER.

'N PAAR lesers het voorgestel dat daar soms ook brokkies persoonlike raad in hierdie rubriek uitgedeel word. In antwoord op lesers se vrae oor spesifieke probleme in die slaapkamer. Of in die kombuis of op die eetkamertafel of waar jy dit ook al wil doen.

My eerste reaksie was, nee hel, dis erg genoeg om tydig en ontydig as “tannie” aangespreek te word, waarom sou ek nou boonop my dienste as agony aunt aanbied? Maar ná ek 'n rukkie daaroor besin het, het die idee my begin prikkel. (Daar is 'n seksuele lessie in die vorige frase, vir dié wat dit wil raaksien. Soms sê jy nee vir 'n nuwe ervaring, maar as jy mooi daaroor nadink, besef jy dit kan dalk interessant wees. Wie nie waag nie, and all that jazz.)

Nou dink ek dat So maak mens steeds algemene advies kan gee, met die tong stewig in die kies (en soms ook op ander plekke), oor hoe om droë koekies weer klam te kry of slap deeg styf te toor, maar partykeer ook om spesifieke vrae te kan beantwoord. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.