Houd-maar-eerder-den-bek as dit by skelmpies kom

SÓ MAAK MENS

Houd-maar-eerder-den-bek as dit by skelmpies kom

As jy weet 'n getroude vriend ‘eet nie altyd by die huis nie', soos dit soms in die volksmond genoem word, maar jy ken ook die vriend se lewensmaat, plaas dit jou in 'n ongemaklike posisie. So wat is die etiket van buite-egtelike verhoudings, vra 'n leser vandeesweek vir MARITA VAN DER VYVER.

WAAROM skryf ek nie 'n rubriek oor die etiket van “skelmpies” nie, wil iemand in 'n private e-pos weet. Voordat hy vinnig byvoeg dat hy self nog nooit buite-egtelik oor die tou getrap het nie (#askingforafriend, nè), maar dat die morele aspekte van die affêre hom interesseer.

Nou kyk, ek gee my dalk uit vir tannie Esmé Euvrard met my sardoniese sekspraatjies wat Só maak mens (in die bed) genoem word, maar ek gaan beslis nie vir tannie Emsie Schoeman ook nog probeer channel nie. Nog minder vir dominee Murray Janson. (Ek weet, ek weet, jy moet bo 'n sekere ouderdom wees om dominee Janson se rubrieke in Huisgenoot te onthou, min of meer dieselfde era as Só maak mens se gloriejare op die draadloos.)

Dus bieg ek sommer dadelik dat ek nie morele raad gaan uitdeel nie, want my morele kompas wys moontlik nie dieselfde noord as joune nie. En etiket was nog nooit vir my 'n saak van brandende belang nie. Om vir my te vra wat is die etiket van buite-egtelike verhoudings is soos om vir my te vra wat is die etiket van troues met 'n dosyn strooimeisies en strooijonkers en blommemeisies en hofknapies, almal in uitrustings wat by mekaar pas. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.