Die wonder van ’n werf

DRAMA, DRAMA

Die wonder van ’n werf

In ’n tyd van afsondering en paniek leer die blindelingse volharding van ’n geelvink – en al die ander lewende wesens op die werf – vir MADELEINE BARNARD om te kyk en te luister. En dat die lewe aangaan, kom wat wil.

FANIE die geelvink se sepie speel hom elke dag buite die badkamervenster af.

Die mini-drama begin ’n maand of twee gelede nadat ’n geelvink uit die Koup kennelik die boodskap gekry het dat daar kos vir die gevleueldes op ons werf uitgesit word. ’n Smorgasbord van saad vir die klein outjies en gebreekte mielies vir die duiwe en katkos vir almal.

Ons is van die bevoorregtes wat ’n werf het met bome en plante en plek. ’n Werf wat woel van voëls en kriewelrige kleinwild. ’n Werf wat ek, ten spyte van die skatkis wat dit al vir ’n paar jaar voor my uitsprei, eers onlangs werklik begin waardeer het toe die virus ons onder huisarres geplaas en ek uiteindelik my ore en oë begin oopmaak het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.