‘Die horrel, die horrel’

IN VLOED

‘Die horrel, die horrel’

Soos sy karakter Koert in die roman Horrelpoot word EBEN VENTER verstom deur afgryse. ’n Vloed wat plafonhoogte deur sy en sy partner se huis is, het onder meer sy hele kosbare boekery verwoes. Tog wonder hy oor oorkonsumpsie wanneer hy op die sypaadjie deur muffende huisgoed krap.

LISMORE, Australië – Gedurende die vroegste ure van Maandagoggend, 28 Februarie 2022, begin die water ons huis binnestroom. Ek sê “ons”, maar daar was geen mens of hond meer in daardie huis nie. Pikdonker binnekant, die water ook donker en swaar met modder en riool. Die groot glasvensters aan die westekant word eerste uitgedwing; daarna is dit open house vir die aanstormende waters. In die gitdonkerte kry die huis nou ’n eie lewe.

Die waters mors eers met die los kussings op die rusbank, my sitplek dié kant, my partner, Gerard, s’n daai kant, en forseer dan die hele ding teen die muur op. Daardie selfde muur waar die skildery van Penelope Siopis hang: ’n wit vrou sit mymerend en borduur, rondom haar postkoloniale rommel, ’n dreigende aap, ’n kleuter aan homself oorgelaat, goeters. Sy word van die muur afgeruk en weggevoer, weg; van al ons kunswerke het ek die Siopis nog nie weer gesien nie. Die keramiekkat op die kaggelrak, ’n werk van Hylton Nel, grynslag vir oulaas, glip af en spartel weg. Haar sewende lewe het aangebreek: Gerard kry haar later, nadat die water gesak het, ongeskonde in die spaarkamer.

Kamer ná kamer vat die waters, soos ’n vuur, maar nooit so suiwer en skoon nie. Ons bed word omgestoot en ook teen die muur opgedruk. My swaar lessenaar, nog uit die dae van SAS/SAR-spoorwegkantore, begin drywe en bollemakiesie om en om, my iMac kraak en word weggevoer in ’n brander. Die water styg vinnig en slurp boekrak ná boekrak op, Breytenbachs swel en pof op van die modderige drekwater en stoot Brinks van die rak af...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.