Die waters van my rus

AL DIE DAE VAN MY LEWE

Die waters van my rus

Ongeag die tirannie van die vlieë en hul lord het niks DOMINIQUE BOTHA in die huis van haar vader ontbreek nie.

OP Ruspan is die jaar se gang deur Pa bepaal. Sy woord was wet. Teen September moes die eerste reën val of die wolke is aangespreek. In Januarie moes die son skyn, want die saailinge mag nie verdrink nie. Alomteenwoordigheid was ’n groot werklas en teen die winter was Pa raadop. Sy kinders was almal dromers, sy nagwag ’n dronklap, sy handlanger ’n dieseldief. Die bestek van sy dwingelandy is voortdurend oorskry.

Die somer was ’n opera van broeiende storms wat oor die vlaktes ingerol het, maar sonder ’n mollige sopraan wat in Italiaans aan tering sterf. Weerlig het die beeste doodgeslaan met geweldige donderslae soos die kanonne in Tchaikovsky se 1812 Overture en die honde het omgekom aan hartaanvalle en bosluiskoors, elke dood erger as die vorige een, totdat Boetie homself in die laaste geliefde hond se graf gewerp het en Pa hom aan sy ore moes uithaal.

Net die vlieë..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.