Ongehoorsame stillewes en sarkastiese koffiekoppies in Stern-museum

KYK KUNS

Ongehoorsame stillewes en sarkastiese koffiekoppies in Stern-museum

Wat is mooi en wat lelik? Georgina Gratrix se uitstalling in die Irma Stern-museum laat HENK SERFONTEIN dieper kyk na die lelike ouma met die verwronge neus en ’n polistireenkoppie wat ’n stillewe ondermyn.

DIE eerste kontakpunt met Irma Stern se huismuseum is al jare lank die blommerangskikkings in tutti frutti-skakerings links van die ingang wanneer jy instap. Soms is dit ’n stil drama in varinggroen met karlienblomme, ’n aalwyn en dalk ’n anemoon. Ander kere ’n rangskikking met meer emosionele impak. Loof uit Irma se geil tuin, wilde swaardlelies in ’n rooi van gedroogde bloed en bottergeel blomme. Uitbundig bont met ’n skelheid in kontras. Meer 1970's Vogue as die cliché van die English country home-estetika. Dit was Christopher Peter, ’n vorige kurator van die museum, wat hierdie genotvolle kamp tradisie by die museum begin het.

Die legendariese blommerangskikkings by The Firs in Rosebank, Kaapstad, wissel na gelang van die geleentheid. Toe ek arriveer vir die rondleiding van die uitstalling The Cult of Ugliness deur Georgina Gratrix, sien ek deur ’n kantvenster hoe Georgina blomme in drie vase rangskik vir die ingang. Sy staan terug en oorweeg sorgvuldig die kleurkontraste. Sy voeg ’n swaardlelie by, in ’n soortgelyke proses wat vir seker uit Tupper-bakkies gemengde kleur voor haar esel moet afspeel. Vir ’n oomblik word ek die voyeur van die proses van die blommerangskikker, maar ook dié van die skilderes. 

Nes Irma is ’n groot impuls in haar werk die dringendheid van kleur. Daardie pienk rand van die hibiskus wat in dik impasto-verf met ’n paletmes die blare herskep, maar tog ook deur die breekbaarheid daarvan sny...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.