Alleen langs die Diamantkus af

STRANDLANGS DEUR 'N VERLATE LANDSKAP

Alleen langs die Diamantkus af

Op sy eie het PEET STEYN die 560 km kuslangs van Alexanderbaai tot in Paternoster gestap. Hier is die eerste deel van sy verhaal, waar hy tot by Port Nolloth vorder.

FISIOLOGIES gesproke is loop eintlik ’n beheerde val, iets waaraan jy jouself moet oorgee met die geloof dat alle geïntegreerde stelsels sal sinchroniseer en jou gesig uit die stof hou. Ek doen dit al bietjie meer as 50 jaar – hierdie vorentoeval-geloofding.

Waarom staan en twyfel ek dan nou so erg hier op die buitewyke van Alexanderbaai waar die Gariep al vir eeue in die Atlantiese Oseaan vloei?

Ek hét uitgevra oor permitte en al die nodige papierwerk om hier te kan stap, maar seker nie regtig hard genoeg gepraat om ’n duidelike antwoord te kry nie. Hier voor my oral op heinings en drade skreeu bordjies luidkeels: Restricted area! Geen toegang sonder permit!..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.