Ouens, luister, Gen Z is hie

AMA2000’s

Ouens, luister, Gen Z is hie

Gesprekke tussen generasies vind te min plaas, skryf MERCY KANNEMEYER. Dié dat ons mekaar so verkeerd opvryf. Almal het iets belangriks om te sê maar almal is te besig om na die ander te luister. Dis tyd dat ons praat, al kom die woorde hak-en-tak.

HIER gaan ek juis nou doen waarna ek inleidend verwys – ván ander praat. Van 'n generasie. 'n Generasie waarmee ek en mense ouer as ek dikwels sukkel om mee te praat, is die Gen Z’s.

Gebore tussen 1997 en 2012. Tussen die ouderdomme 12 en 27. Nou kyk, ek is nie veel ouer nie, ek like my net groot hou. Maar omdat ek so naby in ouderdom aan dié klomp beweeg, is daar party van hulle giertjies wat aan my kom sit het soos nat wasgoed.

Onlangs in 'n baie belangrike vergadering met 'n spul akademici (nodeloos om te sê ek was die jongste daar) het ek per ongeluk na die doktors en professors as “guys” verwys. Ek het gesê “Guys, I just feel like we all need to bla bla bla…” of iets in dier voege...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.