LESERSBRIEWE | Minister Hanekom se gekke toerismeplan

ASPRIS

LESERSBRIEWE | Minister Hanekom se gekke toerismeplan

Die regering weet nie eens hoe om die gehalte van Eskom-steenkool te bepaal nie; nou wil hulle 'n bogstelsel in werking stel om Airbnb te probeer reguleer.

  • 03 Mei 2019
  • Vrye Denker
  • 4 min om te lees
  • artikel 30 van 30


Oom Hanekom sê iets soos die volgende …
Kom ons maak korttermyn-huisvesting duurder en minder beskikbaar. Ons moet die speelveld gelyk maak; laat hulle registreer. O ja. En hulle gehalte. Ons moet dit bepaal. Gaste wil weet wat hulle kry. Ons kan nie aanhou dat hulle formele instansies kniehalter nie.
Soos julle weet, weet die regering nie eens hoe om die gehalte van Eskom-steenkool te bepaal nie. Nou wil hulle begin om die gehalte van huisvesting te meet.
Die sentrale graderingstelsel is oop vir nog ’n omkoop-komplot.
Hulle huidige gastehuisgradering werk op ’n stelsel van sentrale kundiges wat sterre uitdeel.
In teenstelling by Airbnb bepaal die gas die gehalte van die graderings: Sy bly in ’n huis. Sy betaal vir die verblyf. En sy verwag waarde. Sy gee vir my huis ’n ster of meer, nadat sy daar gebly het. Onafhanklik van enige grootbroer met ’n bril en skryfbord wat bakhande staan vir ’n fooitjie.
Elke Airbnb-huis wat 4.8 of meer uit 5 sterre kry en amper geen kansellasies het nie, word ’n SuperHost. En SuperHosts word voorgetrek: Toeriste wat Airbnb-huisvesting soek, kan sê hulle wil net in SuperHosts-plekke bly.
Byvoorbeeld: Ons het 50 sulke huise. Mense is mal oor ons plekke. Ons gaste gee ons 4.9 uit 5 en dít ná meer as 700 besoeke. Waarom sal ons ’n swak huis en ondergemiddelde diens bied en sodoende ons status verloor? Bog, oom Hanekom. Pure bog.
Hoe gaan die oom en sy brigade ’n beter job doen met graderings as die gas wat in my huis gebly het? Die nuwe revolusie van huisvesting reguleer homself.
Dan praat die minister van formele toerisme wat gekniehalter word deur Airbnb. Wat is formele toerisme? Was die dinosourusse ook eers formele diere?
Ek laat dit daar vir nou. Kom ons kyk eerder na ondervindingstoerisme, of soos die Engelse sê: Experience Tourism.
Die doel van ondervindingstoerisme is om jou met rou emosie en ’n honger vir meer te laat – selfs maande ná jou besoek.  
Gaste kies Airbnb-huise om baie redes, maar veral omdat hulle ’n unieke ondervinding wil hê. Hulle soek rou emosie. Waar kry hulle dit? In die gemeenskap. In Langa.
Gebruik ’n bietjie jou wildste verbeelding. Wat sou toeriste gee om in Nelson Mandela se tronksel te bly of in sy huis in Pollsmoor? Dít is rou emosie. Nè? Kan formele toeristehuisvesting dit bied? Indien wel, waarom kla hulle?
Toeriste wil in ons buurte bly. Hulle wil ons leer ken. Ons ruik en proe. Nie figuurlik nie. Minister, ek weet wat jy dink.
Kom ons kyk na ’n ander voorbeeld net om die idee te verduidelik.
Dit klink dit my die oom van Toerisme sê formele mixed grill-restaurante is besig om hulle agterente te sien. Die veganistiese en Banting-restaurante vat oor. Hy gaan nou die nuwe ouens se pryse beperk en hulle ure verminder. Hulle moenie meer ’n aantreklike opsie wees nie. Hy vertrou ook nie besoekers se Google Reviews nie. Hy gaan hulle eerder self gradeer met sy span dik brille. En wie betaal vir die gelag?
My oom, my oom, my goeie ou oom.
Ek hou meer van dié minister as van die ander (soos Gigabite). Maar die oom Hanekom klink soos iemand wat die revolusie wil vertraag. Hy kan, maar hy gaan verloor. Vra die apartheidsregime, vra vir Marie Antoinette. Die revolusie het sy gevolge. En die oom van my behoort dit te weet.
As oom die Airbnb’s dwing om te registreer, maak dan so. Maar verder as dit moet jy vra of jy besig is om Suid-Afrika eerste te stel. Soos ek gesê het; jy kan nie die mixed grill van die verlede beskerm nie.
Hy kan Suid-Afrika en sy mense verder seermaak. Ons is op die guillotine. Hy ook. As hy verstaan dat Airbnb nie die probleem is nie, gaan ons almal wen.
Ons probleem is insig en wysheid om te sien hoe toeriste se ervaring-verwagtings ’n tool soos Airbnb geskep het. Toerisme bring sakke vol geld. En minister, jy kan nie toeriste se verwagtings met enige wet beperk nie.
As Marie-Antoinette maar net ore gehad het
Voor ek my oorgee aan hoop; vra ek die oom: Hoekom is daar so min Airbnb’s in agtergeblewe gebiede?
Weet hy dat 65% van Airbnb’s in Suid-Afrika vroue is wat niks anders as hulle huis gebruik het om hulle dignity terug te vat nie?
Indien ervaringstoerisme so groot is, moet huisvesting in die agtergeblewe gebiede groot aftrek kry. Meer vroue met dignity, met omtrent geen investering nie, danksy Airbnb.
Ek is bereid om te help en mentor. My oom, daar is ’n seekoei onder die water. En vandag sien jy net sy ore. En jy wil dit afknip. - Johan Horak
(Geredigeer)

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.