Emily Hobhouse júís relevant in 2019

POLEMIEK

Emily Hobhouse júís relevant in 2019

Byna 120 jaar gelede het Emily Hobhouse die wêreld se aandag gerig op die skande van die Britse konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog. Destyds is sy as leuenaar, verraaier en “histeriese vrou” gebrandmerk. Onlangs is haar woord wéér in twyfel getrek en is haar nalatenskap betrek in ’n politieke gebrabbel in ’n artikel oor iets wat geheel en al buite haar beheer en leeftyd was, skryf ELSABÉ BRITS.

EMILY Hobhouse was in haar lewe, en daarna, seker een van die mees misverstane figure in Suid-Afrikaanse én Britse geskiedenis: in 1901, toe sy die afgryslikhede van die konsentrasiekampe aan die kaak gestel het, asook gedurende en ná die Eerste Wêreldoorlog tydens haar vredes- en noodlenigingswerk.

Sy is eenvoudig nie gehoor nie. Deels omdat sy ’n vrou was, deels omdat sy feministiese en redelik radikale pasifistiese sienings gehad het, en deels omdat sy ongemaklike waarhede in mense se gesig gevryf het. Daar was nou weer ’n aanslag op haar waarde en integriteit.

Die fluitjieblaser kom gewoonlik tweede, en sy het veral sleg daarvan afgekom. Veral omdat sy gedurende twee oorloë vingers gewys het. Maar hoekom sy vandag, steeds en weer eens, onredelik verbind word met die tipe uitsprake soos in ’n onlangse artikel (https://www.businesslive.co.za/bd/life/arts-and-entertainment/2019-06-18-rethinking-the-life-and-legacy-of-emily-hobhouse/) in Business Day, is glad nie relevant in die konteks wat sy vermag het nie:..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X