Hoeka se toeka, wat maak dit eintlik saak?

VREES VIR DIE EINDE

Hoeka se toeka, wat maak dit eintlik saak?

Hy worstel met trauma en rou en eindes en weerbeginne na Zindzi Mandela se twiets. Maar trauma kan nie ’n verskoning wees om te sê wat jy wil nie, skryf GIELIE HOFFMANN. En tog.

EK herken haar dadelik. Natuurlik is dit haar gesig wat bekend is. Maar daar is ook iets in die skouers. Iets in die hande.  Die manier hoe sy praat. Spesifieke woorde, ritme, ’n terloopse giggel of ’n besliste lag. Ons het mekaar 16 jaar laas gesien. Sy is nou 88.  My ma se tannie. En ek besoek haar saam met my ouers. Hier waar sy nou woon in ’n aftreeoord in die Kaap. Ek stap nader. Als lyk nou nog meer bekend. Ek sê haar naam en wag dat sy myne sê. Maar daar is geen herkenning van haar kant af nie. En ek steek my hand uit en stel myself voor: “Hallo tannie, ek is Gielie.” En sy sê: “Aangenaam.”

Elke einde is ’n weerbegin. Dis woorde wat ek baie keer vir myself sê as iets tot ’n einde kom. Ons vrees eindes. Eindes van verhoudings. Eindes van die maand. Eindes van lewens. Eindes. Ons lewe in ’n snelveranderende wêreld. Ons is aanpasbaar en ons kapasiteit om van koers te verander is goed ontwikkel. Maar om die einde van die pad te nader het ons nog nie bemeester nie.

Ons kuier saam met die tannie asof sy als onthou. Sy gesels saam. Haar gedagtes het dalk gegaan maar haar blymoedigheid is nog in plek. Sy vul aan en brei voort. Sy beaam goed wat ek wonder of sy regtig onthou. Sy stel ons voor aan haar suster wat langs haar sit. En stel haar vyf minute later weer voor. En nog vier keer in die halfuur wat ons by haar sit. Op haar skoot lê Die Burger maar ek sien die opskrifte is nie dieselfde as die een wat ek vroeër die oggend gelees het nie;  dis ’n ou koerant. Sy lees nog vinnig en akkuraat, maar die datum maak nie meer saak nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.