Hoor my lied: Ons kán in ritme saamsing

DIS ’N LAND

Hoor my lied: Ons kán in ritme saamsing

Daar is daagliks tekens in ons land wat op die moontlikheid van ’n “onverwagse harmonie” onder ons mense dui. LESLIE VAN ROOI vertel hoe ’n selfoonvideo van ’n singende skoolgemeenskap hom herinner het dat ons nie net ons oë vir dié moontlikhede moet oophou nie, maar dit ook self moet skep.

EK vang myself telkens weer na ’n video kyk wat St. John's College in Johannesburg onlangs via hul sosialemediakanaal gedeel het. In die video is die skoolgemeenskap besig om ’n spesifieke weergawe van die bekende Sotholied “Modimo re boka wena” (God seën jou) te sing-dans. In ’n stampvol kapel van wat baie as ’n rykmanskool sal beskryf, is ’n gemeenskap besig om saam Afrikadag te vier. Dit blyk egter dat hierdie spesifieke kapeldiens dalk ’n groter verskeidenheid liedere tot gevolg kan hê ...

Ek het die lied al verskeie kere gehoor, elke keer in ’n ander konteks, maar hierdie keer raak dit my om ander redes. Die saamwees, die energie, die ritme, die feit dat dit reg voel. Dit maak dit dié keer anders.

Ek besef ’n mens moet mooi dink voordat jy te veel in iets soos ’n singende skoolgemeenskap lees. Elke keer as ek te lank hieroor wonder, kyk ek weer na die video. En elke keer kry ek dieselfde gevoel: Hier is iets wat ’n mens hoop gee. Dalk is dit hierdie keer nie net simbolies van aard nie, maar tekenend van hoe dinge kan wees – hoe dinge moet wees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.