Vrouemaand: ‘Ek het die slegste in ons gesien. En die beste’

WOORDE OM DIE ONMAG TE BESTRY

Vrouemaand: ‘Ek het die slegste in ons gesien. En die beste’

ANASTASIA DE VRIES wil nie meer skryf oor 'n land waar ons in die donker loop en fluit omdat ons bang is nie. Sy wil eerder skryf oor ’n kind wie se oë sag word oor die reuk van ’n nuwe boek. En aanhou skryf teen die wanhoop in ...

OOR dié Vrouemaand wil ek nie skryf nie. Te ellelank die lys. Vroue, meisiekinders, vermoor, verdwyn, verkrag, vermink.

Te rooi onskuldig hul bloed. Net maar ’n strikkie, swart asseblief, teen die onmag en die pyn? Eintlik wil ek nie meer skryf nie. Bloei op papier is soos om ’n lappop uit te kraam: droog en pynlik doodgebore. Herder, ek bid al glads soos ’n antie van Ravensmead wat geen raad of raat meer weet: Here, sny dit af!    

Ons speel maar Laurika se Hot Gates by nog ’n graf. Van nog ’n vrou. Nog ’n kind. Nog ’n mens. Diepsloot, Ravensmead, Katlehong, Barkley-Oos, Bonteheuwel, Beaufort-Wes, Phillippi, PE, Stellenbosch, Wellington, Manenberg, Mitchellsplein ... Gee my ’n land waar die mense  à la Breyten “mekaar sonder skaamte in die oë kan kyk”...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X