Mugabe met swier begrawe terwyl spook van ontvoering weer loop

SONDE MET DIE BURE

Mugabe met swier begrawe terwyl spook van ontvoering weer loop

Robert Mugabe se gebalsemde lyk is in Zimbabwe te ruste gelê terwyl dokters in wit jasse die strate ingevaar het ná die verdwyning van 'n jong dokter. PETA THORNYCROFT skryf dat daar heelwat bespiegel word oor wie vir die skynbare ontvoering verantwoordelik is.

DIE swierige begrafnis van oudpres. Robert Mugabe het hom hierdie week in Zimbabwe afgespeel teen die agtergrond van 'n jong dokter wat tydens 'n betoging in Harare verdwyn het. 

En wat 'n klug was Mugabe se begrafnis tog nie. Dit was ’n peperduur, lomp, smaaklose gebeurtenis midde-in Zimbabwe se interne struwelinge en uiterse armoede – ’n groot deel van sy nalatenskap.

Al daardie organza, wit sjiffon en kant, rose en winkende feetjieliggies om sy ongewone Asies-geboude kis het die ding gedoen. Alles was so oordrewe toe die ou man se gebalsemde liggaam aangekom het van sy doodstuiste, Singapoer, om te rus in sy fabelagtige Harare-paleis met Grace, verswelg in swart kant, wat eenkant staan en snuif...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.