Aan die ander kant van die wêreld sterf Kye reg voor Pretoria

GROETE UIT LONDEN

Aan die ander kant van die wêreld sterf Kye reg voor Pretoria

'n Vlaag mesgeweld wat ook jong mense raak, het kommentators, politici en die polisie op hol, skryf ADRI KOTZÉ. Dis nie net ouers in Suid-Afrika wat bekommerd is oor hul kinders se veiligheid nie.

DAAR is kerse en blomme (vars en verlep) en ’n pap sellofaanballon in die saamgeflanste straataltaar onder die foto van die tiener wat teen die muur vas gesellotape is. Hy lag op die foto. “Kye” – sy naam – is in vet letters boaan geplak.

’n Gegote engelstandbeeldjie en donserige groen padda is deel van die huldeblyk wat oor amper drie maande staande gebly en gegroei het deur wind en ylerige son en vlae reën en nagte wat kouer en langer word. Daar is vodkabottels, party steeds vol. Iemand het potte hoender-en-sampioen-kitsnoedels neergesit. (Ook in my huis is pot noodles ’n tiener-gunsteling.)

Kye Manning was 19 toe hy op ’n Vrydagaand in Julie omstreeks negeuur die aand – dit was nog lig – hier in die straat in die suide van Londen met ’n mes gesteek is. ’n Enkele steekwond in die hart was die oorsaak van sy dood, het die lykskouing bevind...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.