De Lille vs. Zille: Die vete wat Kaapstad tot op die rand van...

BOEKUITTREKSEL

De Lille vs. Zille: Die vete wat Kaapstad tot op die rand van die afgrond gebring het

Te midde van die ergste droogteramp in Kaapstad se geskiedenis het die DA die beheer van watersake van sy burgemeester, Patricia de Lille, weggevat. In sy boek, A House Divided, onthul CRISPIAN OLVER 'n nes van rugstekery, ondermekaar-bakleiery en agterkamertransaksies. In hierdie uittreksel kyk hy na die onderstrominge in die DA toe die party die eerste keer in die Wes-Kaap aan die bewind was. Toe was daar ook inmenging.

  • 17 Oktober 2019
  • Vrye Denker
  • 5 min om te lees
  • Crispian Olver

TEN spyte daarvan dat hulle leiers in dieselfde politieke party was en sekere karaktereienskappe gemeen het, blyk dit dat [Helen] Zille en [Patricia] De Lille baie in hul benadering verskil het. Zille was pragmaties met geen belangstelling in enige groot herrangskikking van die administrasie nie. Sy het die stadsadministrasie dalk nie heeltemal vertrou nie en dikwels geglo dat sy van beter weet, maar was blykbaar meer gewillig om te luister. En al kon ek geen besliste aanduiding vind dat sy probeer het om mag in haar kantoor op te gaar nie, het haar geneigdheid tot baasspelerigheid en mikrobestuur dalk tog in ’n mate die grondslag gelê vir De Lille se missie om alles te sentraliseer.

Maar dit was nie die eerste keer dat die DA aan die bewind was in die stad nie, en ’n vorige tydperk van inmenging het dalk ook tot die situasie bygedra.

In 2000 het die DA ’n meerderheid behaal in die eerste verkiesings vir die nuutgestigte Kaapstadse metropolitaanse munisipaliteit. Hul kandidaat vir burgemeester, Peter Marais, was ’n kleurvolle politikus wat in die verdagte driekamer-parlement van die apartheid-era gedien het. Marais se kandidaatskap was die gevolg van ’n opportunistiese samesmelting van die Nuwe Nasionale Party (NNP, die nuwe baadjie van die NP wat tydens apartheid aan die bewind was en waar Marais sy hoed gehang het) en die Demokratiese Party (wat uit 1989 dateer, hoewel die party ander etikette gedra het gedurende die apartheidsjare toe dit die parlementêre opposisie teen die heersende NP se beleid was) om die Demokratiese Alliansie te vestig as ’n verenigde opposisie teen die ANC. In Kaapstad sou hierdie strategie sukses behaal, en aan die DA ’n skraal meerderheid op die stadsraad besorg. (Vanweë ’n tegniese haakplek moes die NNP en die DP aparte entiteite bly op nasionale vlak ten einde hulle parlementsetels te behou. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.