DA: Liberalisme is deesdae soos ’n oorbel; elke tweede wit...

EN DA LÊ DIE DING

DA: Liberalisme is deesdae soos ’n oorbel; elke tweede wit drol dra een

Mmusi Maimane en Herman Mashaba se vertrek uit die DA is nie net ’n teken dat swart partylede ongemaklik is met Helen Zille se terugkeer nie, dis ook ’n aanduiding van die onverdraagsaamheid jeens terug-met-’n-agenda-Zille se a-historiese liberalisme, skryf PIET CROUCAMP.

HELEN Zille het onderneem om “in haar baan te bly”. Sy het dié onderneming gemaak terwyl ’n troostelose Mmusi Maimane mismoedig in die niet gestaar het ná afloop van Zille se verkiesing tot voorsitter van die DA se federale raad. Dié pos word beklee deur ’n party-amptenaar met werklike mag. Zille se terugkeer was deel van ’n georganiseerde ondermyning van Maimane se mag, en hulle albei het dit geweet. 

Die oënskynlik beskeie profiel van Zille se voorganger in dié pos, James Selfe, het soms die indruk gelaat dat hy ’n randeier-karakter is, maar niks kan verder van die waarheid af wees nie.

Selfe se kantoor was die “war room" van verkiesings en hy was sentraal in die alliansievorming en politieke ooreenkomste in die Gauteng-metropole ná afloop van die plaaslike verkiesing in 2016. Tussen verkiesings is die federale raad die politieke geografie waardeur ideologie en beleid, asook die uitvoering daarvan, gefilter word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.