My taal praat nou ’n ander taal, sing ’n ander deuntjie

OPGEWONDE OOR AFRIKAANS

My taal praat nou ’n ander taal, sing ’n ander deuntjie

My hart is nie gemaak vir annermansland nie, maar hier is ek nou in België. Ek kan nie anders nie: I’ve come to praise my mother tongue, not to bury her, skryf ANASTASIA DE VRIES.

TWEE dae in ’n vreemde land, en my siel soek die koestering van ’n snoekparcel en koesiestes en daltjies en samoesas en brijanie en vaalkos met ’n langsous waarin jy net-net ’n ou vleisie kan raak eet. Oe ê-ê, my hart is nie gemaak vir annermansland nie. Maar toe my taal daar dour ’n ander deuntjie begin sing, die verraaier, toe ruk sy dai djôl. En dié niggie? Nee, ek hou my lyf skone muurblom, vat net soetjies-aan my pen en beginne skryf:

“Wat is dié tog nou vir jou ’n feestelikheid van jewelste, dié tweedaagse konferensie oor Afrikaans in Afrikaans en dit nogals in ’n land ver van my. Ek kry soe lekke, ek slat soema bollemakiesie, alliepad hier van die Universiteit Gent se Het Pand af tot voor die Hotel Ibis oorkant die Sint Baafs-katedraal.” Toe nou nie.

Maar in België loop my kop ’n duisend paaie, oor eeue heen, raap woorde uit ander mense se mond, agterstevoor en deurmekruis, omdat my eie nie my blygeit kan uitsê oor hoe begeerlik my taal in en deur die oë van ander lyk nie. Hier staan ek, skryf ek. Ek kan nie anders nie: I’ve come to praise my mother tongue, not to bury her...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X