Wat de hel gaan met ons krieket aan?

OP DIE AGTERVOET

Wat de hel gaan met ons krieket aan?

Die spelers haat die administrateurs, die administrateurs wantrou die spelers en aanhangers het so te sê opgegee. Terwyl Suid-Afrikaanse krieket van hofsake tot mislukkings op die veld voortploeter, waarsku LUKE ALFRED oor die talent wat ons aan mededingers afstaan, veral omdat hulle dan iets het om te bewys wanneer hulle teen ons te staan kom.

EK gaan ’n kans vat en sê lesers ken nie die naam Devon Conway nie. Hy is ’n linkshandige kolwer wat vir die Wellington Firebirds in Nieu-Seeland speel, en hy is pas in die Black Caps se span opgeneem vir hul T20-reeks teen Engeland oor ’n paar dae.

Om eerlik te wees is Conway voortydig in die span opgeneem. As ’n Suid-Afrikaner kwalifiseer hy eers in September volgende jaar om vir die Black Caps te speel nadat sy vereiste verblyftydperk verstryk het, maar hy het Gary Stead, die Nieu-Seelandse afrigter, só beïndruk dat hy hom nou reeds in sy geledere wil hê.

Nadat hy verlede seisoen as Nieu-Seeland se binnelandse speler van die jaar aangewys is, was dit net ’n kwessie van tyd vir Conway. Teen die tyd dat Australië in Oktober volgende jaar die volgende T20-Wêreldbekertoernooi aanbied, sal Suid-Afrikaners sy naam agterop ’n swart kriekethemp sien en vir hulself sê: “Ek ken mos hierdie ou.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.