‘As almal só voel, het ons uiteraard ’n probleem’ –...

BOEKUITTREKSEL

‘As almal só voel, het ons uiteraard ’n probleem’ – joernaliste praat oor Indy met Iqbal

Toe Iqbal Survé die redakteur van Cape Times, Alide Dasnois, die dag ná Nelson Mandela se dood in die pad gesteek het te midde van beweerde disrespek teenoor Mandela, het ’n storm rondom Independent Newspapers losgebars. Baie het vermoed ’n berig in Cape Times oor een van Survé se firmas was die eintlike rede vir sy tirade. In die maande daarna is nuuskantore deur verdenking en teenbeskuldiging getreiter, en deur wat baie as ’n heksejag beskou het om enigeen uit te werk wat nie bereid was om by die baas witvoetjie te soek nie. ALIDE DASNOIS en CHRIS WHITFIELD, ook ’n veteraanjoernalis en voormalige koerantredakteur, vertel die storie agter die storie.

  • 01 November 2019
  • Vrye Denker
  • 8 min om te lees
  • Alide Dasnois & Chris Whitfield

OP die oggend van Maandag 9 Desember 2013 is die personeel van die Cape Times ingeroep om hul nuwe redakteur te ontmoet. 

“Toe ons almal in die konferensiekamer ingedruk het, sien ons Gasant Abarder aan die hoof van die tafel staan saam met Sandy Naudé van bestuur," vertel die omgewingsverslaggewer Melanie Gosling. “Sandy het vir ons gesê Gasant is nou die nuwe redakteur van die Cape Times."

Almal was doodstil. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.