Vuil realiteit klap SA mite skoon stukkend

NOU IS ONS ALMAL SO

Vuil realiteit klap SA mite skoon stukkend

Die opgeblase Suid-Afrikaner wat 'n dosyn jaar gelede sy neus opgetrek het vir die ‘ander’ Afrika se seekos, is nou ’n afgeblaasde ballon, skryf SIKONATHI MANTSHANTSHA.

SUID-AFRIKANERS, gee julleself 'n high five — ons het opgevang met die res van Afrika! Op 'n besoek aan Tanzanië 12 jaar gelede het ek met my aankoms in Dar es Salaam die reuse-garnale met die brandsmaak vreeslik geniet. Die volgende dag kon ek die helderblou water van die Indiese Oseaan sien wat my winkend vir 'n swem uitnooi. 

Toe ek uit die voorportaal stap, was die lug dikker en het dit effens sleg geruik, en dit het erger geword soos wat ek in Ali Hassan Mwinyi-weg afgestap het, verby die Aga Khan-hospitaal in Barack Obama-weg. Daar het hope vullis gelê, maar nie so erg soos in die Alexandra-township net anderkant Sandton, waar die rotte floreer nie. Soos ek nader aan die strand gekom het, het die reuk van riool byna onuithoudbaar geword. Ek het regs gedraai in Kenyatta-rylaan, en by Coco Bar in Oyster-baai het ek die bron van die stank gevind. Vanuit 'n groot, blou plastiekpyp het rioolvullis uitgestroom op die goue sand en tot in die see. Links daarvan het swemmers in die warm water baljaar. 'n Paar jongmense het op die strand gedraf en geoefen. 

Toe ek my asem herwin, is ek terug hotel toe. Met aandete het ek eerder die bief bestel terwyl my kollegas die garnale en ander seekos, wat die hotel spog van die Tanzaniese kus af kom, verslind het. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.