WANNEER is dit Ace Magashule se beurt? Dít is vanoggend die vraag op miljoene Suid-Afrikaners se lippe.
Pieter-Louis Myburgh, skrywer van Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s web of capture, was toe duidelik in die kol met sy onthullings oor die asbes-ouditskandaal in die Vrystaat. Sewe mense, onder wie 'n senior ANC-leier in die provinsie, Olly Mlamleli, sal vandag op aanklagte van korrupsie in verband met dié skelmstreke in die hof verskyn.
Myburgh se boek is 290 bladsye dik. Op sy noukeurige manier onthul hy heelwat meer sondes en skandes as net die asbesskandaal van R255 miljoen waarby Magashule betrokke was. Gangster State is as ’t ware 'n knap speurder se breedvoerige dossier …..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.