Brendin verdien baie beter

DIE SLAG VAN SENEKAL

Brendin verdien baie beter

Hy’t Dinsdag gemengde gevoelens gehad of hy die pad na sy buurdorp, Senekal, moes aanpak, skryf SYBRANDUS ADEMA. Nou het hy selfs meer gemengde gevoelens.

  • 09 Oktober 2020
  • Vrye Denker
  • 8 min om te lees
  • artikel 2 van 29
  • Sybrandus Adema

SOOS die kraai vlieg, is die 22-jarige Brendin Horner 'n week gelede minder as 30km van my huis af vermoor. Ek het hom van geen kant geken nie, maar op die een foto sien ek 'n jong, skoongesig knaap wat sy meisie in 'n geil sonneblomland soen. Die onskuld self, iemand wie se hele lewe nog voorlê, in plattelandse nirwana, soos die clichés dit wil hê. En tog 'n weersinwekkende verhaal wat op meeste se lippe lê.

Toe die verdagtes aangekeer word, skakel die plaaslike WhatsApp-groepe en Facebook-bladsye oor in hoë rat en teen Maandag praat die mense van die “koördinering” van die “spontane” proteste vir Dinsdag. “Geen rassisme, geen ou vlae,” staan op die plakkate wat almal aanmoedig om in groot getalle by die Senekal-landdroshof te protesteer.

Ek het gemengde gevoelens, want hoewel ek die kwesbaarheid en magteloosheid van plattelandse gemeenskappe self beleef – en dis nog meer só op plase – is daar ook die “ons-hulle-narratief” wat onder die oppervlak borrel en broei. Dit word nie aangehelp deur 'n (wit) polisiehoë wat op ons plaaslike polisie WhatsApp-groep 'n boodskap aanstuur oor “as jy medelye het met duisende vermoorde blankes” nie – hoe voel die (swart) kollegas wat in dieselfde groep is hieroor?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.