Denke oor lewe, dood en genade

INWAARTSE REIS

Denke oor lewe, dood en genade

Is lewe ‘goed’ wanneer daar ’n hartklop en breinfunksie is en is dood ‘sleg’ as verlossing ter sake is? CAS WEPENER en TANYA VAN WYK vra dat ons die gesprek oor die dood lewendig hou, ter gedagtenis aan Karel Schoeman.

  • 16 Oktober 2020
  • Vrye Denker
  • 9 min om te lees
  • artikel 11 van 25
  • Cas Wepener & Tanya van Wyk

2020 voel voorwaar soos ’n ander land. Hierdie jaar is lewe met sterwe geraam en leef mense in die sfeer van afskeid en vertrek. Ons bewoon ’n soort Verliesfontein waar ons vergeet het waar ons gelukkig was. Ten spyte van ons beste pogings om die dood vasgepen te hou en ongeraam te lewe, al probeer ons om die statistieke mis te lees en hoop ons om verligting, voel dit asof daar bokant die landskap van 2020 ’n lug vol helder wolke is, daardie helder wolke wat die Vrystaters wéét nie reën bring nie.

Al het die apostel Paulus op die daaglikse bedreiging van die dood gesinspeel, is dood meestal vir ons die groot uitsondering. Die uitsondering het egter nou die reël geword, en asof in ’n ander land, is die dood nou deel van die landskap van die lewendes. Hierdie landskap het ’n prominente wit ringmuur, ’n groeiende aantal grafstene en enkele vaalgroen sipresse. Dis egter net vir die lewendes so ’n landskap.

Gerrit Komrij skryf tereg dat in die ou gedig (uit die 14de eeu) oor Egidius se sterwe, die hartseer digter met ’n tipe de profundis veel eerder die lewe as die dood betreur. Volgens Komrij het die digter se oë met die sterwe van ’n geliefde oopgegaan vir die pyn van die lewe, eerder as die pyn van die dood. Hy skryf: “Die dood beteken niks vir ’n dooie nie, en alles vir ’n lewende.” Soos die digter dit inderdaad self stel: “Du coors die doot, du liets mi tleven” – Jy kies die dood, jy laat vir my die lewe...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.