Onteiening: tussen Theo se avo’s en nerds se besware boer ons ...

GRONDHERVORMING

Onteiening: tussen Theo se avo’s en nerds se besware boer ons darem vorentoe

Die nuwe wetsontwerp oor die onteiening van grond word verwelkom en dui op goeie vordering, maar daar is ’n paar kwessies wat nog uitgeklaar moet word, waarsku ELMIEN DU PLESSIS.

IN onteieningsreg is daar verskeie kwessies waarop navorsers fokus. Daar is ’n  beheptheid met hoe staatsmag beperk moet word aan die een kant, maar ook hoe om die staat wel die mag te gee om sekere openbare take uit te voer – soos om paaie te bou, en om grondhervorming te bewerkstellig.

Die meeste navorsing fokus op die vereistes vir ’n geldige onteiening, wat redelik universeel is: Dit moet gedoen word ingevolge wetgewing wat dit magtig en op almal van toepassing is, daar moet ’n doel wees wat die groter publiek dien, ’n billike proses moet gevolg word en ’n vorm van vergoeding moet betaal word.

Dié vier vereistes is die onderwerp van proefskrifte, artikels, hofsake en fokuspunte vir wetswysigings...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X