US ‘oënskynlik onredbaar op Britse trajek’

VROT TAALBELEID

US ‘oënskynlik onredbaar op Britse trajek’

Net toe hy dink hy sal nooit weer tyd verkwis op die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid nie, bereik hulle 'n nuwe laagtepunt met drakoniese maatreëls in koshuise, skryf WILLA BOEZAK. Die toenemende anglisering van die Universiteit Stellenbosch konstateer ’n skending van Afrikaanssprekende studente se grondwetlike regte, sê hy.

NET toe ek dink ek sal nooit weer tyd verspil op die Universiteit Stellenbosch se vrot taalbeleid nie, bereik hulle 'n nuwe laagtepunt met betrekking tot gebeure by drie koshuise. Pleks van onmiddellike optrede teen die skuldiges, wat op drakoniese wyse Afrikaanssprekende studente in huisvergaderings intimideer en selfs verbied om onderling met mekaar of besoekende ouers in hulle huistaal te praat, maak die bestuur dit ligtelik af. 'n Mens mag ook nie wonder of dit hoofsaaklik die optrede van swart studente is nie want, o wee, dan is jy 'n rassis. Intussen beskou die vlugtige rektor, prof. Wim de Villiers, dit as beweringe wat ondersoek moet word. Ons sal maar kyk wanneer en hoe die skuldiges gedissiplineer sal word.

Vanjaar word die taalbeleid van 2016 hersien. Daarom hoop ek, teen my beterwete, dat al die kritiek op die openbare plein en sosiale media êrens op vrugbare grond sal val. Wat ek nie kan kleinkry nie, is die gaping tussen die universiteit se mooi beloftes op hul webtuiste en die werklike toedrag van sake sodra niksvermoedende Afrikaanssprekende studente hul voete in die lesinglokaal sit. Wat in hul leer- en leefruimtes gebeur en die pragtige missie is twee heeltemal verskillende goed. Die glimlaggende rektor belowe (slegs in Engels natuurlik. Het hulle dan niemand wat dit in isiXhosa en Afrikaans kan vertaal nie?): “Our campuses (are) ideal for a transformative student experience ..." Transformasie is egter 'n gelade, glibberige woord. In hul taalbeleid word terme soos diversiteit, inklusiwiteit, meertaligheid en dat kritiese denke verwelkom word, gul rondgegooi. Boonop word respek en regverdigheid (equity) as kernwaardes voorgehou. Kan jy dit glo. Regverdigheid vir slegs wie?

Gelyke Kanse..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X