DIS laataand in ’n normaalweg prettige klein hool, De Smettelose Boerin, in ’n gure deel van Kyiv waar die onkuiser lede van die stad se diplomatieke gemeenskap graag uithang en ’n mens enige tyd van die dag minstens sewe tale hoor. Die eienaar, alombekend as Jan Hond, is ’n verloopte Nederlander in sy 60's wat as ambassadeurskind in die smerige strate van Nieuw Muckleneuk in Pretoria onder meer ’n eiesoortige Afrikaans leer praat het. Hy is agter die toonbank besig om ’n troebel swart brousel in ’n lang bierglas te tap vir een van sy enkele oorblywende klante wat nie deur die Russiese aanslag daar buite afgesit is nie.
Jan kyk op toe ’n aanvallige jong vrou en ’n donkerblonde man in kamoefleerdrag uit die ysige koue by die deur instap.
Die jong vrou laat haar oë vir ’n oomblik oor die vertrek dwaal en roep dan uit:..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Druk verkeer in die Anus Horribilis