NADEMAAL ek op kort kennisgewing ingestem het om my nuwe kollega prof. Pudenda von Hartswater met die skryf van haar intreerede as hoogleraar in djenderstudies aan ons universiteit te help, het sy my ’n paar weke later uitgenooi om haar te vergesel op ’n kort studietoer na die Vrystaat.
Ek het dadelik ingestem, want Pudenda se uitbeeldings van haar geleefde ervaring van die rol wat John Deere se 32-ry-planter op die neerdrukkende vestiging van die patriargale hegemonie via herhaalde vergestaltings van geometries onvanpaste mikrogeweld op Vrystaatse landelike kleinboere gehad het – en trouens steeds het – is legendaries in progressiewe akademiese kringe. Hoe kon ek ’n kans laat verbygaan om dié weergalose navorser in aksie te sien?
En was dit nie ’n plesier nie! Reeds op die eerste oggend van ons toer het sy my op ’n mielieland digby Memel mateloos beïndruk met onder meer die sensitiewe wyse waarop sy ’n opstandige plaaslike kleinboerin oortuig het van die etiese en morele meerderwaardigheid van die meervoudigekeuse-vraelys in kwalitatiewe navorsing vis-à-vis enigiets wat die niksvermoedende subjek aan die bedrieglike skyn van vrye keuse onderwerp...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.