Die bastions van Kwak in Afrikaanse musiek

LEES WEER

Die bastions van Kwak in Afrikaanse musiek

Die Ghoemas en Afrikaans is Groot het die gekoesterde sweer in Afrikaanse musiek laat oopbars, het RIKU LÄTTI in 2019 in die nadraai van die Steve Hofmeyr-Afrikaans is Groot-drama geskryf.

DIT het nog nooit so goed – en so sleg – gegaan met Afrikaanse musiek as nou nie. Afrikaanse musiek beleef op die oomblik ’n bloeitydperk in al die sinne van die woord. Aan die een kant is daar ’n magtige musiekbedryf wat nog nooit meer geld gemaak het met Afrikaanse musiek as tans nie, en aan die anderkant ’n magdom kreatiewe skeppers wat oorspronklike werk lewer en soos Moses op die berg staan en die beloofde land van geld en heuning kan sien, maar dit nie kan betree nie, want daar is ’n diep kloof wat die twee wêrelde van mekaar skei.

Met die Steve Hofmeyr/Afrikaans is Groot (AIG)-fiasko het die hoofborge (MTN, Coca-Cola, Media24 en Toyota) hulle aan die konsertreeks onttrek. Hulle het hulself in die openbaar van die konsert gedistansieer om sodoende ’n sterk standpunt teen rassisme in te neem. Dit het ook ’n openbare diskoers laat opvlam wat Deon Maas reeds in ’n onderhoud met Die Wasgoedlyn meer as twee jaar gelede beweer het, en dit is dat Afrikaanse musiek basies rassisties is.

ʼn Mens hoef net “Afrikaans is Groot” te google en op die “images” te kliek om oorval te word met ’n magdom pragtige plakkate van die sterre oor die jare, uitstekend uitgelê met die gesigte van wit mense – en Refentse. Refentse, wat volgens Churchil Naudé deur AIG aangewend word as ’n kwotaspeler, het sy opgang gemaak deur Bok van Blerk se “De La Rey” te sing...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.