OP die middag van 29 Mei 1922 het twee De Havilland DH9-bomwerpers toegerus met gemonteerde masjiengewere laag gevlieg oor Guruchas, die grootste nedersetting in ’n “inboorling-reservaat” bewoon deur die Bondelswarts-mense van die suide van Namibië. Hul dekades lange dispuut met opeenvolgende koloniale regerings het weer opgevlam – dié keer in reaksie op jaarlikse belasting op onder meer jaghonde.
Sedert dagbreek was daar ’n “diepliggende angs oral”, skryf Richard Freislich in The Last Tribal War. Toe die vliegtuie verskyn, het die vroue en kinders in die nedersetting, en die vegters in die heuwels, gesien hoe “’n paar klein swart voorwerpe uit die lug val”.
“Toe die bomme met ’n weerklinkende slag tussen die waens en vee ontplof, het ’n verskriklike verwarring die dorpie beetgekry,” skryf Freislich...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.