NOU is sy ook dié Antjie, Antjie Krog, die een wat in die annale van die Universiteit van Gent in België tot in alle ewigheid ingeskryf sal staan as hul eerste internasionale residentskrywer. En nou lees alles wat sy al is soos reëls in ’n gedig deur Breyten Breytenbach: want sys ’n digter skrywer essayis joernalis / ’n vertaler en orakel (“doorgeefluik”) van wat dit is om mens in hierdie land van ons te wees, buitengewone professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
Ontelbaar die woorde wat al oor haar geskryf is, oor nog ’n bundel, nog ’n boek, nog ’n toekenning of prys, oor nog ’n openbare optrede of uitspraak. Diepsinnige woorde. Lofwoorde. Mooi woorde. Woorde wat bedoel is om haar breek te slaan omdat die ongemak oor dit wat liewer onsêbaar moet bly, miskien nog te geheim is. Maar dalk te onverskrokke sy, te priemend, te “tegendraads”, te ondoenlik (sy’s ’n vrou, in hemelsnaam!). Lief haar of haat haar. Sy laat jou nie koud nie.
Gee haar tog net ’n swart vel, het ’n prof getier toe Begging to Be Black verskyn. Ek dink steeds hy moes maar eers die boek gelees het. Letterkunde verwond jou, het sy in haar intreerede by Gent gesê, dit maak jou oop vir ’n lewensveranderende ervaring om iemand anders of iets anders te word, om op iets ander as die eie, klein wêreld te reflekteer, om te groei tot ’n voller menswees. Dit is die letterkunde wat ons toelaat “om langs die laste van dié wêreld te luister, want al dié laste las verrassend genoeg aaneen”...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.