HIERDIE artikel begin met ’n vyfwoordsin wat vyfhonderd kilogram weeg, indien nie swaarder nie: Bruin-wees is ’n politieke mynveld. G’n ander rasgroep of gemeenskap (as jy gemakliker in die “ras-is-’n-sosiale-konstruk”-koor sing) word so besig gehou met ’n deurentydse geredekawel oor hul identiteit nie; met wie en wat hulle is en hoe hulle hulself noem, hoe ander na hulle verwys of waaraan hulle van ander bevolkingsgroepe onderskei moet of kan word nie.
Jy moet aljimmers só versigtig rondom dié kwessie trap – selfs al is “bruin-wees” vir jou alleen maar dit wat jy nog altyd was, hoe jy opgegroei het, waarmee jy altyd omring was en in ’n groot mate steeds omring is, soos vir my. Wat bedoel jy met bruin, word egter oombliklik gevra, van binne die gemeenskap en van buite, wanneer jy jouself of ander dit noem. Hoe definieer jy bruin? Waarom, word jy verder gepols, nie jouself net eenvoudig “swart” noem nie – in die Biko-definisie van swart, hoop ’n mens sulke tye, en nie die ANC se “swart” in die algemeen en “African” in die besonder nie.
Maar wag, lui ’n ander mening wat dikwels opgehaal word, ons is tog almal Suid-Afrikaners – is ons dan nie? – so waarom kan julle nie die bruin-wees-ding, die bruinmens-besigheid, laat vaar en net na julle as Suid-Afrikaners verwys nie?..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.