Die erwe van die vadere

VADERE. ERWE. ERFENIS.

Die erwe van die vadere

ANASTASIA DE VRIES vertel van ’n ‘opgemaakte’ storie vir ’n seunskind op ’n dag toe hy sy oorlede pa vergeet het, en van wat sy vir sy voorvaders sal sê.

VERTEL die storie van die verskietende ster, sê een van onse seunskinners nou die Maandagaand sommer met die intrapslag toe hy en sy ouer broer “gou-gou” kom inloer. Dit was vreemd, so ’n vinnige kuier ná meer as ’n uur se ry, op ’n weeksaand nogals, ná werk. En dit vir ’n storie wat ek opgemaak het toe hulle nog so klein was? Ek wou eers spot, vra of ouboet darem nie nou al te oud is vir kinderverhaaltjies nie? Maar sy oë. ’n Troubare man al, en hy kyk na my met die oë van ’n agtjarige kind.

Hoe begin dit nou weer, vra ek kammakastag, daai ou storie. Asof ek kon vergeet. Hulle vrae oor die dood. Of mens heeltemal dood-dood is wanneer jy doodgaan. Dit was maande ná hulle pa se dood. Hy was ’n polisieman, doodgeskiet in ’n gewapende rooftog. Hy’s in die hemel, hulle pa, het hulle vir die joernaliste gesê wat die storie kom skryf het.

Is Oupa Pietie (dis nou my pa) teen dié tyd net dood-dood, het hulle gevra toe ek maande later weer ’n slag uit Johannesburg huis toe kon kom. Hulle het weerskante van my op die bed gelê, soos toe hulle nog kleuters was en ek vir hulle “opgemaakte” stories vertel het sodat hulle hul eie stukkies en ’n klankbaan kon bylas. Hulle praat nie eintlik nie, jy weet, oor jy weet wie nie, het hulle ma gefluister toe ons groet, nie met haar nie en met niemand anders nie. Ook nie met my nie. Nie oor hulle pa nie. Oor myne. Seker makliker só. Hulle Oupa Pietie was toe tog al blou jare dood, jare en jare voordat hulle selfs ’n roering in hulle ma se gedagtes kon wees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.