Hoor jy die magtige dreuning? (Lied van die ouer vrou se ontwaking)

VAT DIT OF LOS DIT

Hoor jy die magtige dreuning? (Lied van die ouer vrou se ontwaking)

Sy deel omtrent nooit selfies nie, tot daardie Sondagoggend toe sy, sonder ’n greintjie grimering of filters of enige van die ander hulpmiddels waaragter sy gewoonlik op foto's wegkruip, een op Instagram plaas. Hierdie is die lied van die ouer vrou se ontwaking – en MARITA VAN DER VYVER is gatvol vir die leuens en die mites van die samelewing.

EK wonder steeds wat my besiel het om vroeg op ’n Sondagoggend dáárdie selfie op Instagram te plaas. Maar die reaksie was so oorweldigend positief dat ek weet ek het gekrap waar dit jeuk.

Ja, ons ouer vroue jeuk ook, soms selfs op plekke waarvan die res van julle liewers nie wil weet nie,  en dis tyd om op te staan en gesién te word. In al ons weerloosheid. Geknak deur die jare, maar nie gebreek nie. Sterker en dapperder as toe ons jonger was.

Dit was dalk die dapperste ding wat ek in jare gedoen het. Ek het myself nog nooit só op sosiale media blootgestel nie. Sonder ’n greintjie grimering, sonder filters, sonder ’n sonbril of ’n hoed of ’n wynglas of enige van die ander hulpmiddels waaragter ek gewoonlik op foto's wegkruip. Sonder om op my rug te lê en op te kyk na die kamera sodat die lastigste plooie wonderbaarlik deur swaartekrag weggetoor word. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.