Van plaasmoorde tot die Albertstraat-brand: die ANC se...

WURM IN DIE LIBERALE APPEL

Van plaasmoorde tot die Albertstraat-brand: die ANC se anti-ubuntu-praktyke

Die verborge spel van soewereiniteit, of die soeke daarna, laat paradigmas ontstaan wat in enige deel van ons samelewing ingeburger kan raak, skryf HANS PIENAAR.

DIT was weer ’n nare tydjie in Suid-Afrika, oorskadu deur die Albertstraat-brand in Johannesburg, maar ook een waarin plaasaanvallers “Kill the Boer” gesing het terwyl hulle probeer moor en Suid-Afrika hom by ’n rits despotiese regerings geskaar het.

Daar is ’n woord, apofenie, vir die neiging om verbande te sien waar daar nie is nie, en hierdie drie nuusgebeure lyk baie verskillend. Maar dan is daar Thabo Mbeki, wat steeds opslae maak, want hy was darem ’n president. Ook in hierdie tyd het hy in dieselfde asem verklaar dat iemand probeer om die huidige bestel te laat misluk en dat die sing van “Kill the Boer” nie meer nodig is nie.

Mbeki is bekend vir sy halwe begrip, of, om meer presies te wees, waar ons minderes weet ons verstaan nooit honderd persent nie, meen hy sy greep op dinge is sodanig sterk dat skerper analise as syne net weens kwade bedoelings teenoor hom kan ontstaan. Dit is dus maklik om sy jongste stellings as tipiese paranoia af te maak veral as jy onthou van dinge soos The List, wat kwansuis die slaper-agente in die regering was wat gereed sou staan vir ’n staatsgreep deur verregse wittes in die vroeë 2000’s...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.