Voëls van eenderse, bloederige vere

HOMINES SACRI OF FOEMINA SACRI

Voëls van eenderse, bloederige vere

Daar is niks wat ons regstreeks aan die Gaza-katastrofe kan doen nie, maar ons kan sorg dat hulle in die kollig bly, skryf HANS PIENAAR.

IN Duitse konsentrasiekampe in die Tweede Wêreldoorlog is die term “Muselmann” (meervoud “Muselmänner”) algemeen gebruik. Dit verwys na die manier waarop sommige verhongerdes eers op hul knieë sou val en dan vooroor, sonder die krag om weer orent te kom. Die ontstaan van die woord is onseker; dit was waarskynlik nog een van die gruwels van Duitse wagte, maar dit kon ook die kapos gewees het: daardie Joodse gevangenes wat die ander moes bossboy en neergesien het op dié wat heeltemal oorgegee het en nie verder wou lewe nie.

Ek het in ’n vorige artikel geskryf oor die filosofie van Giorgio Agamben rondom die homo sacer * van die Romeinse tye – ’n figuur nie net aan die onderpunt van die sosiale hiërargie nie, maar heeltemal daarbuite; mense wat jy maar na willekeur kon doodmaak of laat bly lewe. Vir Agamben was die Muselmann, net soos die komateuse pasiënt aan ’n hartlongmasjien, tekenend van die “baar lewe” wat moderne demokrasieë skep (die Nazi’s was aanvanklik demokraties verkose).

Agamben wei ook uit op die brabbeltaal wat die Muselmänner gepraat het, en iewers op die video’s uit Gaza waarna ek gekyk het, was daar ook so ’n man. Weliswaar (nog nie) uitgehonger nie, maar reeds duidelik besig om sy verstand te verloor. Nog talle meer moes ontstaan het sedert Big Bibi Netanyahu, die Israelse premier, afgekondig het dat alle lewensmiddele na Gaza afgesny word en dat mense die stad moet verlaat. Dit was ’n geval so uit die Agamben-teksboek, van die skepping van 2,3 miljoen potensiële homines sacri. Met die Europese Unie, wat onmiddellik hulp aan Gaza gestaak het, ook aandadig...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.