’n Storie van ’n Bok-vrou in ’n All Black stronghold

‘ONS LEES DIE GAME’

’n Storie van ’n Bok-vrou in ’n All Black stronghold

ANASTASIA DE VRIES vertel van die dag toe sy R1 000 vir een punt verloor het. Sy het dit met liefde betaal – dit was, after all, die Dag Vannie Bok.

’n MENS wed nie ’n duisend bokke teen ’n vrou wat ’n game, enige game, kan lees soos jy letterkunde lees nie. Sy wat patrone en tendense en strategieë soos drome uitlê en die uitkoms soos wafferse waarsêer voorspel. Sy wat verbete, tot die bitter einde toe, haar Bok-beghefter in ’n Engelse All Black stronghold bly dra het. Kerk toe, werk toe, haar kinders se skool, langs ’n damstafel waar sy menige man onder die tafel in speel. When they go black, she goes green and gold.

Vertel my dit nadat ek verloor het. Klein genadetjie dat ek nie ook nog op die Protea-uitslag gewed het nie. ’n Paar manne moes haar R1500 elk betaal.

Sy’s my pa se kind, dié suster van my. Hul kombuistafel is onder papiere vol grafieke en diagramme van al die wedstryde wat die Bokke al tot nou toe gespeel het, laat weet haar seun verlede Vrydag. Is die vrou dan mal, vra ek, gedagtig aan onse kleintyd, my pa langs die kombuistafel, sy oë vasgenael op papiere waarop hy pyltjies en strepe getrek het om die uitslag van ’n eindstryd uit te werk, sy op die platbankie langs hom. Wat maak julle, het my ma dan gevra, ongeduldig om met die kos te begin. Ons lees die game, het my suster altyd gesê. My pa het in dié tyd min gepraat, hy was ver weg...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.