’n WAT-wat vir ’n wat-wat. Klink nes die gebrabbel van een of ander politieke party se popsoldaatjies, sê iemand onder die spotlag deur. Rondom ons die geroesemoes van feesgangers, op die trappe, voor lokale wagtend op ’n opvoering. Die Suidooster is in volle gang. My ore en oë gespits op ’n lang tafel vol joligheid. Hulle praat politiek, nee, hulle voer dit op. Hulle, die scatterlings vannie Kaap, soos ’n jongerige vrou weet te vertel toe nuuskierige ekke half-skamper, ongenooid by hul tafel loop aansit. Om beter te kan sien...
Hulle kom elke jaar by dié fees bymekaar, hervat die woordvoerder, dis soos ’n reünie, vir hul oumas en hulle nakomelinge. Dan kan haar ouma Driena weer vir ’n slag met haar eie oë sien ous Let en sus Betta en tietie Salie en die ander lewe nog en is goed versôrre. Hulle is mos doerie tyd uit hulle huise uitgesit en soos splinters oor die vlaktes verstrooi. Nou in hul gouejare hoor en sien hulle al minder van mekaar, maar kom die Suidooster, dan kom hulle huis toe, fees toe, sommige in rolstoele, ander met loopkieries. Die Kaap léwe weer. En kyk, sê die woordvoerder, hulle word amper weer jonk. Uitgelate, soos kinders geen wag voor die mond.
Onder die gelag van haar gehoor demonstreer ous Let die “inniglike” kyk van ’n partyleier vir wie sy haar stem met ’n kruisie op ’n stuk papier afgesweer het. Altans, sy dink dis wat sy gedoen het. Hy’t diep in haar oë gekyk, inniglik soos ’n man wat lus vir vry, sy party se goeiegeide besing, oplaas ’n brood in haar hande gestop – met sy kale hanne, maar sy’t gekyk, sy naels was darem skoon – en toe ’n papier uitgepluk wat sy moes teken. Toe sê sy nee my kroon, ek kan nie skryf nie en maak ’n kruisie soos in die dae toe sy dom moes speel. Van brood alleen kan die mens nie lewe nie, het sy vir haarself gesê toe die slang wegseil om in die straat brode uit te deel: “Een vir jou, een vir jou, een vir jou-ou-ou...”. Manna uit die hemel, en die kameras flits...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net
vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
SUIDOOSTERFEES-GESPREKKE
‘’n Stemmery is deesdae soos mik-en-druk’
Deur die oë van “gewone” mense lyk onse politici na die soort vir wie ons ons behoort te skaam. ANASTASIA DE VRIES vertel meer.
Deel
’n WAT-wat vir ’n wat-wat. Klink nes die gebrabbel van een of ander politieke party se popsoldaatjies, sê iemand onder die spotlag deur. Rondom ons die geroesemoes van feesgangers, op die trappe, voor lokale wagtend op ’n opvoering. Die Suidooster is in volle gang. My ore en oë gespits op ’n lang tafel vol joligheid. Hulle praat politiek, nee, hulle voer dit op. Hulle, die scatterlings vannie Kaap, soos ’n jongerige vrou weet te vertel toe nuuskierige ekke half-skamper, ongenooid by hul tafel loop aansit. Om beter te kan sien...
Hulle kom elke jaar by dié fees bymekaar, hervat die woordvoerder, dis soos ’n reünie, vir hul oumas en hulle nakomelinge. Dan kan haar ouma Driena weer vir ’n slag met haar eie oë sien ous Let en sus Betta en tietie Salie en die ander lewe nog en is goed versôrre. Hulle is mos doerie tyd uit hulle huise uitgesit en soos splinters oor die vlaktes verstrooi. Nou in hul gouejare hoor en sien hulle al minder van mekaar, maar kom die Suidooster, dan kom hulle huis toe, fees toe, sommige in rolstoele, ander met loopkieries. Die Kaap léwe weer. En kyk, sê die woordvoerder, hulle word amper weer jonk. Uitgelate, soos kinders geen wag voor die mond.
Onder die gelag van haar gehoor demonstreer ous Let die “inniglike” kyk van ’n partyleier vir wie sy haar stem met ’n kruisie op ’n stuk papier afgesweer het. Altans, sy dink dis wat sy gedoen het. Hy’t diep in haar oë gekyk, inniglik soos ’n man wat lus vir vry, sy party se goeiegeide besing, oplaas ’n brood in haar hande gestop – met sy kale hanne, maar sy’t gekyk, sy naels was darem skoon – en toe ’n papier uitgepluk wat sy moes teken. Toe sê sy nee my kroon, ek kan nie skryf nie en maak ’n kruisie soos in die dae toe sy dom moes speel. Van brood alleen kan die mens nie lewe nie, het sy vir haarself gesê toe die slang wegseil om in die straat brode uit te deel: “Een vir jou, een vir jou, een vir jou-ou-ou...”. Manna uit die hemel, en die kameras flits...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Drie stembriewe is ’n resep vir verwarring
’n Duiwelsfees van teenstrydighede
Welkom terug, Thabo!
’n Sagter dag, ’n noeniesdag
Ná die onskuld, die gewete
Deel
-
Deel
Anastasia de Vries
Bydraende redakteurAnastasia is dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland, skryf soms, haar hartsgrond is in Ravensmead se lane en sy is mateloos verlief op haar studente, veral die eerstejaars.