In Uganda gaan die pad na ’n man se hart deur sy rolex

AFRIKA-KULTUUR

In Uganda gaan die pad na ’n man se hart deur sy rolex

Wanneer Ugandese praat van gou 'n rolex gaan kry, bedoel hulle gewoonlik nie 'n duur Switserse horlosie nie, maar 'n gewilde soort straatkos wat genoem is na “roll with eggs". IVAN LUKANDA het navorsing gedoen oor hierdie unieke kulturele fenomeen.

  • 26 Januarie 2025
  • Vrye Denker
  • 5 min om te lees
  • Ivan Lukanda

'N ROLEX is 'n chapati ('n platbrood gemaak van deeg) wat om gebakte eiers gerol is en waarby speserye en groente gevoeg is. Dit word gewoonlik in 'n braaipan op 'n koolstoof gaargemaak. Dit word op bestelling voorberei en baie warm bedien, gewoonlik in 'n papieromhulsel, plastieksak of op 'n bord.

Die peuselhappie is algemeen in Ugandese stedelike sentra. Dit word meestal langs paaie by informele stalletjies voorberei. Die kokke het dalk net 'n tafel om die deeg te knie, 'n pan om die eiers en chapati in te braai, 'n houtskoolstoof as hittebron en die bestanddele  – wat baie kan verskil.

As gereg het dit ook sjefs onder die elite wat dit in restaurante of mobiele kombuise voorberei en onder meer kaas, peper en botter byvoeg. Rolex-bereiding kom algemeen voor langs stalletjies waar hoender, skyfies, geroosterde vleis, bok, vark en bier of koeldrank verkoop word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.